Jongste aktiwiteit:

Depressie

Depressie
Die depressie
Is ‘n lelike kwessie
Dit het toe weer gebeur
Ek stel my vrou teleur

Ek voel ek word mal
Die gevoel kom gereeld
Al is ek nie verveeld
Miskien is ek mal

Die herinneringe kom terug
Van ander kant die donker brug
Ek sien nie meer die lewe se mooi
Ek sien net rooi

Die gehuil van kinders
Dit word in my kop soos vlinders
Die mense se geskree
Bring weer die herinneringe mee

Ek hou die geraas met my hande van my ore weg
Ek bid o Here , help my ek voel weer sleg
Ek dink weer aan die dood
Dit word soos my daaglikse brood




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed