Jongste aktiwiteit:

Klein Rook

Klein Rook
Ek was skaars sewe jaar
Ek het my pa se sigarette gewaar
Dit was ‘n groot lus
Wat ek nie kon blus

Ek sit een in my mond
Steek hom aan soos ‘n lont
Met ‘n gehoes en ‘n geproes
Was die rook in my longe woes

Laat in die nag
Word ek wakker gemaak
Pappa het nie gelag
Ek het moeilikheid gesmaak

‘n Pakkie dertig word vir my gegee
Ek moes die trane weg vee
Jy sal dit klaar maak
Jy wil mos die grootmens lewe smaak

In uit, In uit
My longe het gefluit
Glo my, sowaar
Die goed maak my naar

Ek het toe maar besluit
Die rook ding is uit




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed