Strelend
aalende behaaglikheid
seesproei oor my droë lippe
flikflooiende gerusstelling
van nog ‘n sonskyndag
vleiende vertroosting
strelend soos olie
op my siel
Sy woorde
maar tweesnydend
reg om te steek
boosheid
sinstrelend
vas te
pen
te
verwoes
© Tearlach
[Psalm 55:22]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.