tyd
langsaam vlieg tyd verby
in dit self geen veerkrag
eers stadig in jou jeug
dan begin dit bokspring
dae voel soos ure,
maande word weke
jare glip uit jou hand
eens oorvol ure
raak leeg en vaag
soos tyd homself
smullend verteer
so verdun die sop
van jou verweer
droog jou vel op
maak dit plooie
wat skeure aandui
wat emosies uitloog
verdorde gedagtes
reg om te hersirkuleer
in die grond van tyd
tyd is soos fynsand
wat deur die gleuwe
van mens se lewe sif
jou vergissend knaag
oor wat belangrik is
dalk moes gewees het
soos tyd uit oumens se lewe drup
kondenseer dit druppel vir druppel
op die spieël van die jeug
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.