saam
al fluister ek
geluid van voëltjies
wat vroegoggend kwetter
seil my siel oor die wolke
van donker reënkolosse
van heinde en verre
verlede en hede
al sing ek sag
in melodie van golwe
wat ruisend op strand breek
sweef my gees oor die horison
van gister, vandag en toekoms
van my, van jou en alles
saam met ons is Hy
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.