Jongste aktiwiteit:

Liefde na die oorlog

Liefde na die oorlog

Sy was Engels, hy plat Afrikaans.

Tog het hy haar gevra na die dans.

Met hande wat beduie en gesigte wat namens die mond moes praat, het hul die aand saam oorwin.

Liefde het dadelik daar nesgeskop.

Die Rooinek-nooi het die Boertjie se hart laat klop.

Sy op die stasie, groet haar kerel met min bagasie.

Die oorlog het geroep, nou is hy ’n troep.

Net voor die troue hul kon bind, het die ewige lewe die troep kom roep.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed