Geroeste spore
Geroeste spore
Eens het jy deur my lewe geloop,
soos treinspore.
Ek het gewag op jou fluit,
jou lag,
die lawaai.
Iewers het die trein gestop,
die toekoms dalk verpas.
Al wat oor is,
is nou geroeste spore
van dit wat eens goed was.
Jou foto’s verbleik in die fotoraam,
nou in ’n oortrekte skoenboks
in my kas.
Die herinneringe bly soms so duidelik,
dan weer vaag,
amper asof die trein ook vas sou roes
iewers daar op ’n staaf.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.