
my lewenstreë
‘n Pantoen
my lewenstreë
met my gesig gedraai na die sagte fluisterstem van die wind
loop my gedagtes terug op die onthou-spore van herinneringe
na my grootwordjare as kind waar ek so maklik vreugde sou vind
met oë wat blink, kon ek ervarings inryg soos pêrels in lang stringe
loop my gedagtes terug op die onthou-spore van herinneringe
wonder ek half verwese; hoe het my stringe so gou verweer?
met oë wat blink, kon ek ervarings inryg soos pêrels in lang stringe
het ek dure lewenslesse uit die lewe geneem en daaruit geleer
wonder ek half verwese; hoe het my stringe so gou verweer?
as die sagte fluisterstem die trane oor my wange wegvee
het ek dure lewenslesse uit die lewe geneem en daaruit geleer
die lewe se horlosie loop teen ʼn tempo – ek het my tree gegee
©Marlene Erasmus
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek