Jongste aktiwiteit:

Flankeer gedagtes

soos ‘n lanterfanter*
drentel jy deur bos en dal
daar by Tafelberg se kant
neurie jy jou omgee
sing jy van blomme en
die blou-blou see

spoorlangs verby die storm-en-drang
wat steeds flenter en fladder
deur die omwenteling
van jou onthou
dan sing jy maar weer van blomme
en die blou-blou see

flankeer jou oë deug’loos
tussen lettergrepe rond
gryp jou vingers
na’n nuwe môrestond
en prewel jy vir oulaas
van blomme en
die blou-blou see

© Anzé Bezuidenhout

FAK- Sing jy van blomme

*lanterfanter – leegleer




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed