Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
DEURBRAAK
DEURBRAAK Geskryf deur Fanus Strydom 1246 woorde Vanuit die slaapvertrek hoor sy haar roep waar sy in die voorhuis besig is om vir die vrou ‘n kommetjie sop te maak. “Tsk…tsk…tsk…” klik sy peinsend haar tong, terwyl sy stadig roer aan die pot op die vuur voor haar. Sy besef haar tyd kom vining nader. […]
Januarie 2023 – Projek NUUT
Beste INKers Mag 2023 vir julle elkeen ekstra woorde bring, jul talent skerp maak soos ‘n tweesnydende swaard; mag die deur van jul harte en gedagtes geolie wees sodat die verse en stories gemaklik en sonder inspanning vloei. By die aanbreek van die nuwe jaar is die tema vir hierdie maand se projek enige van […]
voorlaas helaas
nog een slapie dan bêre ons ou skapie wat ‘n mallemeule was dit van draf na stap tot by sit elke oomblik vasgevang tog is niemand mos bang wat agter lê maak ons sterk hef aan lê voor en ons werk geen verwyt sal iets vervang wat kom fluister op my wang geloof, hoop en […]
Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
kleinste
die onbelangrikste in Sy koninkryk is ‘n spikkel in Sy skepping maar ‘n oneindigheid in mense-kennis om die kleinste in Sy koninkryk te wil wees moet jy deur die enigste poort Jesus Christus gaan ©Teárlach
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
Die val van dokter Varkman
DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN Opgedra aan ‘n dierbare vriendin Truda Rijkheer † 29 Oktober 2022 Geskryf deur Fanus Strydom 3752 woorde Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die […]
Dit is reeds Kersfees in my hart (Brons 574 Woode)
Sommer reeds vroeg in November het ek al ’n paar keer na Little Drummer Boy geluister en met aandgodsdiens sing ons reeds ’n paar gewyde Kersliedere. Die boom word net môre opgesit al is dit normaalweg eerste Desember nog ’n paar dae weg. Die winkels help verseker my Kersfees lus hierdie jaar aan met die […]