Januarie 2023 – Projek NUUT
Beste INKers
Mag 2023 vir julle elkeen ekstra woorde bring, jul talent skerp maak soos ‘n tweesnydende swaard; mag die deur van jul harte en gedagtes geolie wees sodat die verse en stories gemaklik en sonder inspanning vloei.
By die aanbreek van die nuwe jaar is die tema vir hierdie maand se projek enige van die volgende woorde:
“kraaknuut”; “vars” of “vonkelnuut”
Alle afdelings moet een of meer van dié woorde gebruik maar dit mag nie jou titel wees nie. Interpretasie daarvan is sonder voorskrif.
Voortreflike mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.