November 2022 – OOP projek Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede!
Wenners
Gedigte
Brons
(1) No 14 Von Villon met Duur
(2) No 13 Koos Elsum met Stegies
(3) No 5 Von Villon met Het God gesê?
Silwer
(1) No 18 Elize Kruger met Opstaantyd
(2) No 25 Elmarie Nienaber van Kampten met Ek droom …
(3) No 24 Elmarie Nienaber van Kampen met Glaskas
Goud
(1) No 16 Anzé Bezuidenhout met Memoires
(2) No 17 Anzé Bezuidenhout met Kluisenaarshart
(3) No 22 Andries Fourie met Woordkomplot
Meningstukke
(1) No 4 Marianne Fourie met Om onsigbaar te wees
(2) No 5 Ian Nel met Dit is Kersfees in my hart
(3) No 2 Ano met Winkeltjies om oor huis toe te skryf
Rubrieke
(1) No 3 Marlene Erasmus met Skoolverlaters: vakansie is om te geniet
(2) No 1 Driekie Grobler met Die prys van roem
(3) No 2 Ano met Is Blondie slim of net slinks?
Artikels
(1) No 4 Ano met Wanneer hartseer ‘n gewoonte word
(2) No 3 Marlene Erasmus met Die Kaapse klopse
(3) No 1 Von Villon met Oorhandig
Verhale
(1) No 2 Fanus Strydom met Die val van dokter Varkman
(2) No 1 Ian Nel met Geboorte in Betlehem
(3) No 3 Marlene Erasmus met Sus se boomstem
Lees die wenners se werk hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/
KOMMENTAAR
BRONS
2. As jy val
Die gedig is kort en keurig. Miskien kan jy na ‘n gepaste rymwoord soek om jou vers te sluit.
4. Koffie
Die gedig sluit vir my stomp. Miskien kan jy die metrum aanpas.
5. het God gesê?*66**6663
Jy het ‘n vers aangepak wat kronologies van die val tot verlossing moes verwoord. Ek vind die aanbieding egter baie kripties en dit hinder die vloei. Keurig nietemin.
10. Afrikaans
Keurige vers. Dankie vir jou deelname.
13. Stegies
Ek kan nie oortuigend sê ek verstaan die vers nie. Ek kan nie die stegie en die verwysing na sokker met mekaar in verband bring nie. Miskien is dit metafories. Daar is plekkies in die vers wat my wel beïndruk.
14. duur
Verwys die vers na ‘n geliefde of verlore kanse oor die algemeen? Die vers, eerlikwaar, verwar my effe. Goeie poging nietemin.
19. Woorde-engel
Daar is baie potensiaal in hierdie vers. Jy kan orde skep deur van die herhalende woorde ontslae te raak.
SILWER
3. Ontvlugting
Alhoewel ek baie van jou vers hou en veral die slot wat mooi teer is, wil dit voel of sekere rymwoorde lukraak gebruik is sonder dat dit ‘n werklike bydrae lewer.
6. Weerbare wonder
Die sinne is nie nét lank nie, maar dit is op plekke so onsamehangend dat jy my as leser verloor het. Moer asseblief nie elke son met ‘n hoofletter begin nie. Dit is nie goeie digpraktyk nie.
7. die diepte van vrede
Dankie vir jou deelname.
8. Liefplek
Ek hou baie van die vers wat potensiaal het. Ek vind die sinne egter beeldswaar. Keurig nietemin.
9. af en toe
Poësie is altyd en eerste ‘n persoonlike ding en daarom is dit nie altyd nodig dat die leser dit moet verstaan nie. Ek vind jou vers onsamehangend maar soos ek reeds gesê het is dit nie jou werk om te dig vir my verstaanbare interpretasie nie.
11. Geluk so innig
Die gedig lees mynsinsiens baie kripties en ek sukkel om ‘n draad daardeur te trek. Dankie vir jou deelname.
12. Bloedbrief
Die vers is sterk en die beelde is tasbaar. Ek sou net klarigheid oor die titel wil kry: wat beteken dit werklik?
18. Opstaantyd
Dit is ‘n beeldryke lieflikheid. Pragtig, aardse vers.
23. my wonderskone-namib-woestyn
Keurige vers oorlaai met inligting.
24. Glaskas
Dit is ‘n aangrypend treurige vers. Ek weet net nie hoe bou mens ‘n glaskas met ‘n hamer nie?
25. Ek droom…
Kort, kragtig en pragtig.
GOUD
1. Ekwilibrium
Ek dink dit is ‘n vers wat die leser in oordenking plaas. Dit is teer en menslik mooi. Pragtig.
15. Wegstap gedagtes
Daar is baie mooi metafore en neologismes hierin, maar ek vind die vers rammelend. Ek dink die vers beskik oor ongelooflike potensiaal maar slegs met redigering kan die juweel hieruit gehaal word.
16. Memoires
Alhoewel die vers vir my op plekke baie beeldswaar is, voel ek tog dat die grootste gedeeltes daarvan wel funksioneel is. Daar is baie mooi beelde hierin. Mooi gedoen.
17. Kluisenaarshart
“Gisterrommel” is ‘n pragtige woord. Jou vers is baie mooi en die beelde daarin is lewend en tasbaar. Pragtig.
20. Drie gordyne
Dit is ‘n interessante titel wat mooi ondersoek word in jou vers. Jou vers is aktueel en raak aan die uitdagings waarmee almal worstel.
21. Mabula
Pragtige beeldryke vers. Mooi gedoen.
22. Woordkomplot
Suksesvolle en lieflike sonnet. Welgedaan.
MENINGSTUKKE
1. Vergiftig
Dit is ‘n keurige meningstuk. Alhoewel die geestelik van aard is voel ek nie verpreek nie. Mooi gedoen.
2. Winkeltjies om oor huis toe te skryf.
Die meningstuk lees soos ‘n reisjoernaal. Ek het lekker daaraan gelees.
3. Opstaan die son is al uit
Kort en kragtige mening. Keurig versorg. Mooi gedoen.
4. Om onsigbaar te wees
Dit is ‘n voortreflike meningstuk. Welgedaan.
5. Dit is Kersfees in my hart.
Pragtige stukkie skryfwerk. Baie mooi gedoen.
6. Die wonder van Kersfees
Ek het lekker saam gelees. Keurige werk.
RUBRIEKE
1. Die prys van roem
Goeie beredeneerde en keurige rubriek. Welgedaan.
2. Is Blondie slim om net slinks?
Jou onderwerp was seker een van die mees gedekte op alle sosiale media. Ek hou van jou skryfsel hieroor.
3. Skoolverlaters: vakansie is om te geniet
Keurig voorberei en mooi aangebied. Welgedaan.
Artikels
1. Oorhandig
Ek weet nie of jou skryfsel geheel ‘n artikel is nie, maar die aanbieding bly vir my interessant. Keurig.
2. Doodmoeg
Goeie skrywe. Dankie vir die deelname.
3. Die Kaapse Klopse
Goeie navorsing. Uitstekende artikel. Welgedaan.
4. Wanneer hartseer ‘n gewoonte word
Ek het hierdie artikel baie interessant gevind. Jy het die keurig aangebied met goeie navorsing en verwysings. Baie goeie werk.
VERHALE.
1. Geboorte in Bethelem.
Pragtige werk. Welgedaan
2. Die val van dokter Varkman
Wenner storie die. Welgedaan.
3. Sus se boomstem
Goeie storie. Mooi geskryf.
4. Begrafnis konsternasie
Keurige werk.
5. Visvang in die vlakwater
Keurige werk.
6. Gebyt
Keurige werk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.