Jongste aktiwiteit:

Desember 2022 – Samesyn projek – Kommentaar en uitslae

Baie geluk aan hierdie 7 lede!

Wenners
Gedigte
Brons
GEEN WENNERS

Silwer
(1) NO 4 Hester Steenkamp met Paasfees
(2) NO 8 Driekie Grobler met My hart se tuiste
(3) NO 10 Amanda De Meillon met Vlamme van vrees

Goud
(1) NO 11 Anzé Bezuidenhout met Bitterwyn

Meningstukke
(1) NO 4 Ano met Samesyn sonder die Grinch
(2) NO 3 Marlene Erasmus met In ‘n groep
(3) NO 5 Marlene Erasmus met My belangsrikste samesyn

Rubrieke
(1) NO 3 Marlene Erasmus met My moskombersie
(2) NO 1 Driekie Grobler met Totsiens aan 2022
(3) NO 4 Ano met Elke diertjie soek sy plesiertjie

Artikels
(1) NO 2 Marlene Erasmus met Bring sinvolle gesinstyd deur
(2) NO 1 Marlene Erasmus met Die vreugde van samesyn
(3) NO 3 Ano met Kameraadskap is die hartklop van ‘n maatskappy

Verhale
(1) NO 1 Fanus Strydom met Hoe ry die boere – 1
(2) NO 2 Fanus Strydom met Hoe ry die boere – 2
(3) NO 3 Marlene Erasmus met Lien se veilige hawe

Lees die wenners se werk hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/

Kommentaar

GEDIGTE
BRONS

1. Spore van samesyn
Die gedig lees baie kripties sonder nodige vloei. Dit belemmer die metrum en ritme. Die gedig kan maklik reggestel word met funksionele redigering. Dit beskik oor genoegsame potensiaal.

2. Liefste Moeder
“Sluiterspoed my emosies” is ‘n pragtige beeld. Dit is ‘n mooi ode. Jou vers lees egter soos ‘n telegram ontbrekend aan ‘n mooi vloei. Ek sou van die sinne korter maak en funksionele koppel- en lidwoorde gebruik om dit te “verstorie” en van die kriptiese ontslae raak.

3. As een mens saam is
Hierdie vers het ongelooflike potensiaal. Ek sal jou graag wou help om hierdie vers te ontwikkel. Kontak my asseblief op inkmoderator@gmail.com

SILWER

4. Paasfees
Dit is ‘n menslik, aardse vers wat die leser bekendstel aan die mooiste herinneringe wat die digter teer verwoord. Die gedig is sonder om ornamenteel te wees. Pragtig.

5. kleinste
Dit is altyd moeilik om geestelike verse te beoordeel aangesien die skrywer dit as ‘n aanval op hul geloof ervaar. Net om duidelikheid te gee, my kritiek is slegs op die vers en nie die inhoud daarvan nie. Lyn 5 en 6 in stansa een maak nie vir my sin nie. Die res van die vers het goeie konstruksie en vloei.

6. warrelwind-drome
As ek na die inhoud van die vers kyk sou ek dink dat dit eerder herinneringe is as drome. Dit is ‘n geheuebeeld. Die konstruksie is ook ietwat “slordig” wat tussen gedagtes spring sonder die nodige funksionaliteit. Die gedig kan maklik georden word.

7. likeur
Alhoewel ek jou sentimente hierin deel, vind ek die vers hakerig en sonder vloei. Dit belemmer die ritme en metrum.

8. My hart se tuiste
Pragtige teer vers. Welgedaan.

9. van eensaam na gemeensaam
Keurige vers…dankie vir jou deelname.

10. Vlamme van vrees
“Wasem van onthou” is so verbitterlik geyk. Dit is egter ‘n teer vers wat hartseer terug kyk op wat op 24 Desember gebeur het. Dankie daarvoor.

GOUD

11. Bitterwyn
Joh! dit is ‘n sterk vers wat aktuele kritiek lewer op die menslike toestand. Ek hou van die beelde hierin. Dit is ‘n treffende vers. Mooi.

MENINGSTUK

1. Wraak
Keurige mening.

2. Samesyn
Kort en kragtig. Ja, jy wil nie noodwendig breinloos omgaan nie.

3. In ‘n groep
Keurige mening. Jou gedagte is ontwikkel en jy beredeneer die kwessie mooi. Mooi geskryf.

4. Samesyn sonder die Grinch
Die probleem van die menslike toestand. Ons wil eerder reg wees as aangenaam. Dit is belangrik om die fees te vier soos jou gees dit vir jou aanvaarbaar maak. Christus se geboorte kan gevier word, op welke manier ookal en om toe te laat dat iemand jou vreugde daaroor steel gee hul onnodige mag oor jou bestaan. Maak die saak vir jouself uit. Keurige skrywe. Mooi gedoen.

5. My belangrikste samesyn
Smaaklike skrywe. Mooi gedoen.

RUBRIEKE

1. Totsiens aan 2022
Mooi geskryf. Goeie rubriek wat die leser ook dankbaar laat.

2. Geluk se goue draad.
Mooi geskryf.

3. My moskombersie
Pragtige rubriek. Geprese aanbieding.

4. Elke diertjie soek sy plesierrjie
Ek het lekker saam gegiggel hieroor. Jammer jong. Goed geskryf.

ARTIKEL

1. Die vreugde van samesyn
Goed geskryf en nagevors. Welgedaan.

2. Bring sinvolle gesinstyd deur
Goeie artikel. Goeie navorsing. Mooi gedoen.

3. Kameraadskap is die hartklop van ‘n maatskappy.
Keurig. Dankie vir jou deelname.

VERHALE

1. Hoe ry die boere – 1
Briljant.

2. Hoe ry die boere – 2
Baie goed geskryf. Welgedaan.

3. Lien se veilige hawe
Mooi storie.

4. Hy het wát gesê?
Ek dink jou storie kon beter ontwikkel gewees het. Die slot van die storie laat die leser met baie vrae. Die storie is nietemin goed.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed