Liewe INKers
So het 2022 haar einde bereik, aangestoom en aangeroller teen die spoed van lig. Hoe lieflik is dit, dat elkeen wat hierdie opdrag lees, deur genade nóg ‘n Kersseisoen gegun is. Mag die samesyn met familie en vriende vir julle almal tot voordeel wees.
Hierdie maand, omdat dit vakansie is, is die opdrag maklik en eenvoudig. Die tema is “samesyn” en elke deelnemer kan dit interpreteer soos hy/sy dit goed dink.
Al die afdelings het slegs een voorskrif en dit is die “samesyn” tema.
Geen verdere reëls bestaan nie.
Gebruik die tema on jou lesers te bederf.
Innoverende en uitstaande mense skryf in Afrikaans.
Kerngroep
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE