Jongste aktiwiteit:

Hy het wát gesê? (Brons)

Woordtelling: 350 woorde

“O, jitte! Hier kom moeilikheid op hoë hakke.” Breggie laat sak die kantgordyn met ‘n sug.
“Hoe nou?” Anna staan nuuskierig nader en loer deur die venster. Sy trek haar asem skerp in. “Wat de ongeluk het ou Fanus Vonkprop nou aangevang?”
Die voordeur vlieg vervaard oop en Marcel strompel in. “Daai vermetele ou bokkom, ou Fanus Vonkprop, dreig my waaragtig en sê ek gaan hiervoor betaal. Dekselse mansmens. Hy moet eerder ‘n bril gaan kry. Dalk help dit hom om ordentlik deur sy motorhek te kan ry.” Marcel vroetel in haar handsak, bring ‘n wit sakdoek te voorskyn. Bewerig vee sy die sweetdruppels op haar bolip af. “Hy het nog die astrantheid om te vra of ek my liksens by OK gekoop het. Bid jou aan. Ek het nou ‘n glas, baie sterk suikerwater nodig.” Sonder ‘n verdere woord plak Marcel haar op die naaste stoel neer.
“Bedaar Marcel en haal diep asem. Dan vertel jy ons presies hoe het vanoggend se ongeluk gebeur?” Breggie beduie aan Anna om gou ‘n glas suikerwater te gaan haal, voor sy ‘n vertroostende hand op Marcel se hand plaas. “Toe, ek luister,” por sy haar aan.
“Anna-a-a! Waar is my suikerwater? Ai, waar draai sy tog? My nerwe is aan flarde.” Marcel trek haar asem diep in voor sy voortrammel. “Fanus Vonkprop het met daai ‘vlermuisman’ se spoed, uit sy motorhuis teruggestoot en in my motor vasgejaag. Hy begin skree toe op my en blameer my vir die ongeluk.” Anna kom in gestap met die suikerwater. Marcel rol haar oë, voor sy voorttier. “Hy sê toe vir my dat ek nog eendag gaan dink dat ek in my motor kan rondrits, dan is dit omskep in ‘n permanente muishondwoning.” Haar skouers begin onbeheersd ruk.
“Hy het wát gesê?” Anna kyk Breggie met groot oë aan. “Dé, drink Marcel, sodat jou nerwe kan ontspan.”

* * *

Dis agt uur. ‘n Aardskuddende gil versplinter die rustige oggendstilte. Breggie haas haar na buite. ‘n Histeries Marcel beduie na haar motor se oop deur.
“Muish-o-n-d! Breggie, bel die polisie. Ou Fanus Vonkprop het nou te ver gegaan.”

© Taai Bonthuys




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed