kom na my huis – my woning (SILWER)
kom na my huis – my woning hier waar my hart is, sal jy my vind tussen my ougoed en onthougoed met ʼn leksel verf en skeut sentiment ʼn muurbehangsel op katoen gedruk vrolik laggend gesigte in portretrame vertel ons woning in sy stille woorde vir jou die pad van ons lewensverhaal … ©Marlene Erasmus […]
Deurgetrapte drumpel
jou drumpel was deurgetrap my huis, my siel, my lief hoe het ek toegelaat dat tyd jou so eindloos verniel verkalk, verbleik met onthou se verwyt het jou laaste groet geraam in my martelaarsdeur en hom herhaal in wind se lied keer op keer brand jou kar se dakliggie met jou laaste kus jou laaste […]
huis met eenduisend kamers (Silwer)
my hart word ‘n huis met eenduisend kamers wanneer ons minne-skadu’s lok en speel teen ‘n ontvanklike muur en ons omhelsend saamsmelt in perfekte liefdesharmonie
verganklikheid (Silwer)
toe verganklikheid my tuiste se tydlose skermmure binnedring my ontneem van my huis se hart het my onroerende geloof in genadige goedheid gewigloos verskuif tot nét duskant die grens van die straat waar ek woon
My huis, my musiek
My huis, my musiek Vannaand speel my musiek saggies tussen wondergesiggies soos engele vas aan die slaap julle stemme is my musiek julle geraas ‘n meesterstuk die gelag my lofprysing selfs die gekla stuur my in diep verwondering elke noot ‘n lewensmelodie lirieke vanuit die hemel dit speel voor my af soos ‘n skouspel hier […]
ware woning (SILWER)
ware woning Sondag is soos sproeireën na die week as die wêreld se voetval stiller word en doudruppels sagte seën uitstort weet ek: die Sabbat het aangebreek met opwinding gaan ons na Sy huis soos dit duidelik sê: die kleine kind sal vreugde by hul mammas vind so kom ons by strome van seën tuis […]
as die kerkklokke lui (silwer)
wanneer winter vroeë môre sluimer-sloer, songesig skuifel-skuifel, knipoog-loer rafelhang ‘n asgrys wolkjas kort voor lank waar onewe horlosiebene drentel, skuins na ag ewe hinke-pinke, skamerig alom die skilferende plooigesiglyne waaragter kerkklokke nou luidkeels dog hoogheilig langsaam huil dreunerig snikkend in klingel-klang herroep dan ‘n era van jare lank, draai honderde sonsopkomste terug en my kaalvoetkind […]
Koue liefde (Silwer)
As jou hart nie is waar jy saans (klipkoud) slaap nie wat soek jy dan daar? © Loretta Szikra 20220831
Huis, paleis, pondok, varkhok
Ja-nee-wat, een plek waar ek nou nie sal aanpas nie, is daai plekkie wat skitterblink van bo tot onder en daar nie eens ʼn foto raampie op gisteraand se gebruikte kaggel staan nie. Te klinies en onpersoonlik. Vriendin vra juis om verskoning dat haar woning so deurmekaar is en ek kyk verwonderend rond want daar […]