My huis, my musiek
My huis, my musiek
Vannaand speel my musiek saggies
tussen wondergesiggies
soos engele
vas aan die slaap
julle stemme is my musiek
julle geraas ‘n meesterstuk
die gelag my lofprysing
selfs die gekla stuur my in diep verwondering
elke noot ‘n lewensmelodie
lirieke vanuit die hemel
dit speel voor my af soos ‘n skouspel
hier begaan ons foute
stel ons weer reg
droom ons groot
beur ons deur die goeie en sleg
elke huis het sy kruis
myne het geen vingers wat na ander wys
die mees spontane oomblikke
glimlagte wat vrede bewys
ons aanbiddingsplek
kuierplek
die mure weergalm van elke gesprek
my deur staan altyd oop
selfs al vlieg die voëltjies eendag weg
weet ek ons tyd saam
was die grootste voorreg
julle is my huis
my musiek
soos ‘n simfonie van kleure ontvou
die herinneringe ‘n blyspel
sal ek dit vir altyd koester en onthou
(c) Wendy Leigh
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek