Beste INKers
Alhoewel hierdie maand ‘n oop projek is, wil ek tog ‘n tema daaraan koppel. Dit sal nie noodwendig in die toekoms van toepassing wees op alle oop projekte nie, maar dit bied vir my spasie wanneer die by in die enjinkap ‘n geraas in my oor maak en ek die bevlieging kry, om dit so aan te bied.
Die tema vir hierdie maand is:
“My huis, my woning…”
Ek het nie nodig om te sê nie, maar dit kan metafories, of op elke manier ookal, geïnterpreteer word. Dit hoef nie ‘n baksteen en sement skryfsel te wees nie.
Daar is geen ander voorskrifte nie, behalwe dat jy die tema interpreteer om jou unieke aanbieding te verwoord.
Skryf in Afrikaans…die meeste slim mense doen.
Skryf lekker.
Prjoekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE