Basiese Profiel
Wendy Leigh
Wendy Leigh skryf graag onder haar skrywersnaam en skryf sy al vandat sy kan onthou. Sy het egter eers aktief begin skryf sowat ‘n paar jaar gelede en in haar opinie is dit te danke aan die pad wat sy moes stap.
Skryf bied haar die vryheid om haarself passievol uit te druk en dien dit terselfdertyd as terapie wanneer sy uiting gee aan haar emosies. Persoonlike ervarings sowel as haar verbeeldingsweë dien as die dryfveer wat haar die vermoë bied om woorde moeiteloos neer te pen.
Sy is gaande oor die Afrikaanse taal en streef sy daarna om meer en meer daarvan soos ‘n spons in te trek om uiteindelik al haar skrywersdrome ‘n werklikheid te maak.
Haar hoop is volbring as haar skrywe ander inspireer of bemoedig op welke wyse moontlik.
1984-02-07