
Liefde sterf
Goue trane val oor haar bleekwange
die môreson se lig flenters gegooi
seer gebosseleerde letsels in rooi
bring ‘n bitter brose sielsverlange
as sy net weer die vuur in hom kon plaas
sou liefde nie ‘n laaste asem blaas
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek