Die koringaar se groet
ek het die koringare sien wuif in die wind
van oos na wes, golwend, van noord na suid –
kyk boer se sekel weerkaats in die ruit
hoe hy ritmies vat en sny en paar en bind
ja, voor die *Bethlehem-ster vir oulaas roep
het die laaste koringaar vir son gegroet
© Cornien Naudé
23/09/2022
oestydperk
November en Desember,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek