Hart se wens
Hart se wens…
Soos die res van die wêreld se grootste droom, word sukses gejaag om rykdom te behaag.
Tyd raak minder, uitgawes meer, om jouself te wees het langs die pad verlore geraak.
Roem het ‘n duur prys om te betaal, dit word van dag tot dag bepaal.
Klaar gejaag na wind, beleef ek nou die regte wind.
Hier tussen vrede en natuur, met goeie mense saans om die vuur.
Die mens se kop wil alles begeer, maar die hart het net ‘n wens…
Vrede en liefde, vir jouself.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.