Jongste aktiwiteit:

Ewige verwyt

My lief,

hoe sal ek ooit jou laaste groet kan bêre

as my hande se lewelose getuienis

nie kan rus nie, hul wat nooit gegroet het nie

hul wat nie gewys het hoe lief ek jou het nie…

 

hoe bêre ek hierdie skuld gevoel

van sou ek gewys het ek’t jou lief

sou jou lewe gespaar gewees het?

 

my lief,

ek het nie bedoel, ek het regtig gevoel

neem tog hierdie ewige verwyt

hierdie ewige spyt

 

wat jou nie kan terug bring nie

wat my lewenslank laat betaal

vir ʼn oomblik se wys nie

 

© Cornien Naudé




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak