wendinge
onhoorbaar is dit
die dag vertel van die nag
sonstrale ryk uit oor uitspansel
dek alles en elkeen selfs in skadu
strale vloei soos miswolke oor duine
bedek alles en bevog alles tot teen bas
tog is daar bewegende begrippe wat wek
gedagtes laat onstaan uit digterspen verwek
so wyd soos die uitspansel wat loop tot by einde
grense te wyd vir mense oë, ver verby laaste ster
so is die Woord volmaak en heilig, en almagtig
onbeskryflik groot en alomteenwoordig
Sy gebod is suiwer, en betroubaar
rein en bestaan tot in ewigheid
laat die wendinge van my hart
welbehaaglik wees, o Here
my rots en my
Verlosser
Ó Tearlach
(Ps.19)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.