Geliefde Seun
Op ‘n hoë berg was U alleen
Met hulle drie.
Elia en Moses was ook daar.
U klere helder, skitterblink,
Laat die dissipels skrik.
Hul uiter woord van selfbelang.
‘n Wolk oordek U heerlikheid.
‘n Stem roep uit die hemel:
Dit is my geliefde Seun!
Hom het ek lief.
Doen wat Hy sê.
In skoon verwondering is
Hulle mond gesnoer.
Lyding en vernedering –
Dit was U deel.
U krag in opstanding
Bewys U heerlikheid.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis pragtig!