Jongste aktiwiteit:

Daniël

Wat maak ek hier?
Gevange geneem,
geneem na afgodsland.
Wie is ek, Daniël?
Sonder gebrek,
aantreklik en slim,
‘n koningskind van Jerusalem.
Hoekom word ek opgelei in afgodsland?

Net die beste kos en wyn!
Wat sal ek kies?
Sal ek my land en God verloën?
Tien dae te wys dat God bestaan.
Water en groente van God se tafel
is beter as afgodskoningskos.

Sy wysheid en goeie oordeel gee Hy,
om beter as towenaars en fortuinvertellers
visioene uit te lê en raad te gee!
Ek, Daniël, ‘n Koningskind!
Al het ek ‘n nuwe afgodsnaam.

Die koning skreeu:
Vermoor hul omdat hulle nie verstaan
wat in my kop aangaan!
Hoe sal ek ooit uit eie insig raai?
Drie vriende bid nou saam.
God gee my wyse raad.
Hý weet wat in die koning se kop aangaan.

Prys Sy Naam!
Hy alleen het kennis en mag.
Hy haal konings uit en stel ander aan.
Hy gee kennis en verstand.
Geheime dinge maak Hy bekend.

Nebukadéesar kon God se Gees in my sien bly.
Hy moes erken dat die God van die hemel
oor alles heers,
dat Hy gee aan wie Hy wil.
Self Nebukadnésar moes hom loof en prys.
Die goddelose koning moes bely:
– dat God regverdig is,
– dat Hy die Koning is,
– dat Hy vir ewig heers en
– dat sy heerskapy nooit tot ‘n einde kom.

Sal ek my God verloën en mens aanbid?
Sal vrees my rig en ek nie op my God vertrou?
Sal ek my hoop op konings plaas?

Wie is ek,
ontvoer teen eie wil?
Oorgeplant in afgodsland.
Tereggestel oor gemerk in vreemde land,
moet ek sterf as krimineel.

My lewe word bedreig.
Moet ek nou sterf in leeu se hok?
Hoe kan ek hier ingaan?
Hoe sal my God my red?

Wat doen ek nou?
Geloof, díé sal ek kies!
Al weet ek nou nie hoe –
op God sal ek bly hoop.

Voor ope vensters sal ek kniel,
drie maal ‘n dag my God aanbid.
In nederigheid sal ek op God vertrou.
Self wette sal my nie weer hou.

Daríus kan nie red.
My lot is klaar beseël.
Sy engel gaan my voor uit:
Die leeu se bek is toegesmoor.

My siel roep uit:
Ons troue God bestaan!
Vir ewig sal Hy regeer
Sy koninkryk is tot in ewigheid.

Wie is ek?
God se lieflingkind,
gemerk vir Hom

Met erkenning aan ds Jannie




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed