Busboikot en burgerregte.
Busboikot en burgerregte. Op 4 Februarie 1913 word Rosa Parks gebore as Rosa Louise McCauley in Tuskegee, Alabama. Sy is James en Leona Edwards McCauley se eersteling en het later ʼn broer gekry – Sylvester. Haar ma was ʼn onderwyseres en haar pa ʼn skrynwerker van beroep. Na haar ouers se egskeiding het sy en […]
Geklee in poëtiese taal
Geklee in poëtiese taal onbeskrewe vel papier leeg wag jy geduldig my pen vleg spraakkuns jy smag na my gedig ek skryf jou lyne vol deurweek met moedertaal jou blanko-siel versier en toe is jy nie meer kaal die woorde trek jou aan opgetower in letters ‘n bundel vol geskryf geklee deur kundige vingers ©️Wendy […]
die flou son (SILWER)
die flou son aan moedersknie het jy my soveel dinge kom leer veral jou liefde vir musiek, ons kon kitaar tokkel hoe dikwels het jy my vasgehou – “jou pokkel” jy wou altyd vir my alles gee wat my hart begeer my mamma, jy kon so baie doen met so min jy wou nooit hê […]
Niemand toe iemand
gister was mooi, gister was blink met môres wat vreesloos vir ons wink na beter, beste, enigste, tog… alleenste parke was skoon en geboue hoog en elke gedaste, getaste was iemand maar ons almal was niemand en toe… ontplof (covid) die onbekende en laat ons vol skete en ellende maar leer ons hardhandig om te […]
Paradigmas
Paradigmas Beespaadjies uitgetrap padkaarte in jou kop jy loop soos pa geloop het en sy pa se pa jy ken niks anders nie afdraaipaadjies is van die bose bewaar jou siel ongelowige Thomas dood bring jou by ‘n kruispad en die spore verdof jy bevraagteken en verken bedink die seerpaaie wonder oor Noag in die […]
Stille waters Silwer 350 Woorde April projek
Die wilger se takke hang laag oor die rivier. Rippelwatersirkels vorm en klok wyd voor dit stil saam met die vloei verdwyn.Ek sluit my oë. Jou klokkielag sny helder deur die oggendmis. Modderspore vorm waar ons aan die kant van die wal paddavissies met ‘n net probeer skep. Gillend hardloop jy wal op wanneer die […]
Loslappie
Ek wou nie weer skryf nog ‘n keer die seer met pen verdryf ek wou nie weer trane stort nog ‘n keer glimlag asof niks skort ek wou nie weer lag nog ‘n keer my mondspiere verkrag ek wou nie meer lewe nog ‘n keer al die pyn belewe en toe, Loslappie met jou vuil […]
Terugkom
Terugkom My vierjarige kleinkind vra ouma kan mens terugkom aarde toe as jy eers in die hemel is? ouma is stomgeslaan oor die diep vraag maar hoor die woorde uitkom ja my kind mens kan mense kom as engeltjies terug aarde toe maar die kind is nie tevrede nie nee, sy wil nie hemel toe […]
Hoorsê
Hoorsê af en toe hoor ons ‘n stem galbraak neurie hy ongetem presies op noot sy hoongelag kompleet met twyfel ingewag sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag oor hooggebergtes straal jou glimlag dan bulder riviere weer in fluviale vloed woorde skiet op teen weerligspoed herwinde ink val neer soos ‘n stormbui kontinue hoorsê jou verniet […]