Arme Jan (Silwer 390 woorde)
“Daar was ‘n man, sy naam was Jan,” so begin baie kinderstories. Dit maak ook ‘n mooi rympie. Vele liedjies is al geskryf oor hom, soos “Jan, Jan, Jan, die bielie van die Bosveld.” Grappies is gemaak en spreekwoorde het daaroor ontstaan. ‘n Algemene naam, waaragter ‘n ryk geskiedenis lê. Lank, laaaank gelede, was daar […]
Trudie gaan ruimte toe
Mooi man! Hier is ek nou! Op die planeet van die liefde. Venus! Wat meer kon ek vra? Dis mos wat ek wou hê. Hoeveel aande in my lewe het ek sit en staar na die sterre, het ek saans gesit en wag dat Venus moet verskyn? Selfs as kind al het ek saans op […]
Die beste medisyne!
Die beste medisyne! Volgens navorsers is ʼn goeie lagbui nie net goed om die stres te verlig nie, maar kan dit jou immuniteit ʼn goeie hupstoot gee en jou pyne ligter maak. Dit laat my dink aan Salomo wat vreugde aanbeveel in die Bybel. “Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens […]
Oorlog vir onskuldiges (795 woorde)
Fiksie geïnspireer deur die politieke worsteling wat gelei het tot die gebeure by die SANW Wits hoofkwartiere, asook die Helderberg lugramp waarvan die oorsaak tot vandag toe nog ‘n raaisel is. * “War is peace. Freedom is slavery. Ignorance is strength.” George Orwell 30 Julie 1987 9:45 AM Sowat 100 meter van die […]
Sonhoop
En toe … toe, was die lug toe die hemelblou in haar oë sonverlore raak in die mis daaragter, haar wolksag wimpers herberg sy hartsverlore in digte mis maar onder haar wol(k)kombers vind sy dog sonderling, rus want, die (ge)mis word soos skemerduur voor sonstraalglim van korte uur toe son se soekarms haar bemin Elizabeth
Na liefdes(v)uur (Brons)
En toe … veras jou vuurgloed donsveerverwaai, duskant westerkim draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag soos my koesterhart vlerkomvou, nestel my ligholtes jou want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig hier binne bly jy veilig, so warm vredig Elizabeth B Met […]
onbekwaam – onwillig
– terwyl die bande brand bedwelmde massas jil van haat hoë rookwolke pikswart optrek rooi vlamme alles verteer sit een en maak skoon sy ou hout geblokte geweer – grillige hordes barbare gil dat spoeg in alle rigtings spat kunsmatig opgewerk in emosies wat massa histerie bou en wek tref klip iets teen die kop […]
Wit geskrik (Silwer) Limeriek April projek
Daar was eendag ‘n man van Phuket En sy vroutjie die fraaie ou Het. Met n skok sien ou Frans Het is eintlik Hans Toe hul skuinslê op die wittebroodbed.
Koersvas
En toe word jy ‘n koersvaste maan wat ook soms wassend (vyftien minute) in kwartierfase gaan maar God sal jou help om jou mikpunt te vind mits jy Hom vertrou.
fenomeen
– elke jaar se jaar ring kom later elke seisoen word eers uitgedink elke winter kom sommer in een dag somer bly langer weg as ooit tevore tye, jare en lewens verander skerp selfs branders lê grys onder serp van misbanke wat kom en gaan soos die buie van ‘n tiener wat nog die lewe […]