Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

April 2022 – En toe … projek

Beste INKers

Die oorhoofse tema hierdie maand is: “En toe?…”
Elke afdeling het spesifieke opdragte en dit gaan streng gekrit word.

GEDIGTE:
1. Nie meer as 12 reëls nie.
2. Maak gebruik van ‘n vasgestelde rympatroon. (Dit is jou keuse hoe só ‘n patroon sal lyk)
3. Jou titel mag NIE “En toe?…” wees nie.

GORREL:
1. Nie meer as 400 woorde nie.
2. Gebruik die tema om iets oorspronliks te skryf.
3. Die titel mag nie die tema wees nie.

ARTIKEL:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis wat deur ‘n enkele daad veroorsaak is.
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

RUBRIEK:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. “En toe?…” “lag die skare!”
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

VERHALE:
1. Nie meer as 800 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n verhaal te skryf.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.

Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

APRIL 2022 – EN TOE… PROJEK – Kommentaar en uitslae

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2022 10

Beste INKers

Hierdie maand het ek begin gebruik maak van nuwe sagteware ware spraak na teks oorsit wat in ontwikkeling is. Daar mag dalk klein spelfoute, geen punktuasie en soortgelyke foute in die kommentaar opduik. Ek vra julle geduld met hierdie proses. Soos die ontwikkeling verprefek word sal sulke foute…

pyn in die puin (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 Mei 2022 7

pyn in die puin

weervoorspelling en berigte van swaar reën
goeie neerslag word altyd gesien as ʼn seën

huilend die wind wat bome grondwaarts buig
stygende strome water wat stilweg getuig:

ergste natuurramp in heugenis van die mens
alle oë gerig op Durban: in die wêreld se lens

“word wakker! kom uit die huis!” doodsbenoud
klink angsgille…

Busboikot en burgerregte.

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2022 9

Busboikot en burgerregte.

Op 4 Februarie 1913 word Rosa Parks gebore as Rosa Louise McCauley in Tuskegee, Alabama. Sy is James en Leona Edwards McCauley se eersteling en het later ʼn broer gekry – Sylvester. Haar ma was ʼn onderwyseres en haar pa ʼn skrynwerker van beroep.

Na haar ouers se…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 57 gaste aanlyn

Bydraes – Argief