
APRIL 2022 – EN TOE… PROJEK – Kommentaar en uitslae
Beste INKers
Hierdie maand het ek begin gebruik maak van nuwe sagteware ware spraak na teks oorsit wat in ontwikkeling is. Daar mag dalk klein spelfoute, geen punktuasie en soortgelyke foute in die kommentaar opduik. Ek vra julle geduld met hierdie proses. Soos die ontwikkeling verprefek word sal sulke foute minder en minder wees in die toekoms.
Dankie dat julle verstaan.
INK moderator
BAIE GELUK AAN HIERDIE 10 LEDE!
Inskrywings kan hier gelees word: Projek wenners
GEDIGTE
GOUD
No 18 Anzè Bezuidenhout met Ek wil…
No 13 Andries Fourie met Honger vuur
No 3 & No 15 Anzè Bezuidenhout met Outeniekwa-gedagtes & Andries Fourie met Braille kiekies
SILWER
No 19 Amanda De Meillon met Wit geskrik
No 26 Marlene Erasmus met Die flou son
No 10 Carmen Edward (IronLady) met Domkop
BRONS
No 1 Elize Kruger met Vreemde paaie
No 21 Elizabeth Martie Bezuidenhout met Na liefdes(v)uur
No 28 Elisma van Zyl met Paradigmas
GORREL
No 4 Amanda De Meillon met Stille waters
No 3 Driekie Grobler met Arme Jan
No 1 Carmen Edwards (IronLady met Mensedinge
RUBRIEKE
No 2 Marlene Erasmus met Die beste medisyne
No 1 Driekie Grobler met Skatte uit my onthou kissie
GEEN
ARTIKELS
No 1 Marlene Erasmus met Busboikot en burgerregte
GEEN
VERHALE
No 6 Riaan Palmer met Oorlog vir on skuldiges
No 5 Fanus Strydom met Spookvoël
No 4 Carmen Edwards (IronLady) met Karoodans
KOMMENTAAR:
GEDIGTE
Brons
1..Vreemde paaie
Dit is welliswaar ‘n besonderse gedig die rympatroon is pragtig die uitleg is baie mooi en die slot is baie sterk. Ek is baie beïndruk met hierdie werk.
2.. Reminusie
Alhoewel ek baie van hierdie verse hou het jy geen rympatroon gevolg soos die opdrag vra nie. Ek kan hierdie vers dus nie evalueer nie
4..Leerlinglisensie
Ek hou baie van die komiese aanbieding van hierdie verf die rympatroon is pragtig en ‘n die inhoud is heel keer ig baie geluk en dankie vir jou harde werk
6..Gesinsmoordpoging
Jy die opdrag in hierdie vers mooi nagekom ‘n goeie rympatroon ‘n goeie inhoud ek wonder net of dit ‘n komiese vers behoort te wees en of dit ‘n ernstige so of dit ‘n ernstige vers is
Nr 7 kom sing weer die woorde
Sluipswewend is ‘n pragtige woord
Ek hou baie van die inhoud van jou vers in die laaste vers die eerste sin is ‘n effens vir warm te weet nie presies wat bedoel jy met en toe slaan jou spreekbuis is die blink van ‘n muntstuk jou rympatroon is pragtig in jou aanbieding nuuskierig baie dankie vir jou deelname
Nr9 afvallige
Ek hou baie van die sterk inhoud van hierdie vers die rympatroon is baie goed die opdrag is mooi uitgevoer dankie vir jou deelname
Nr 11 antwoord vlug
Die opdrag was dat jy nie meer as twaalf lyntjies mag skryf nie en ongelukkig het jy nie die opdrag uitgevoer nie so ek kan nie hierdie vers evalueer nie
12 die
Dankie vir jou deelname die opdrag was dat daar ‘n spesifieke rympatroon moet wees wat jy self moet bepaal jy het nie gehoor gegee aan die opdrag nie daarom kan ek nie jou vers evalueer nie
21 na liefdes(v)uur
Dit is ‘n ongelooflike broos en aardse vers met pragtige inhoud die feit dat jy ‘n’n bronteks gebruik het maak jou vers besonders baie dankie vir jou deelname pragtige poging
22. Sonhoop
Die heraling van “toe” in die eerste strofe is verwarrend. Die res van die gedig vloei ook nie soos dit behoort nie. Daar is woordkeuses wat verwarrend is. Die gedig in geheel het goeie ondertone maar die konstruksie daarvan kort aandag.
23. Hoorsê
Jy het die opdrag mooi nagekom in hierdie vers. Ek gaan my nie aanstel en beweer ek verstaan die inhoud nie, maar dit is juis waaroor digkuns gaan.
24. Terugkom
Die opdrag vra vir nie meer as 12 lyne nie. Jy het nie gehoor gegee daaraan nie. Ek kan jou vers dus nie evalueer nie.
27. Niemand toe iemand
Jy het mooi gehoor gegee aan die opdrag. Jou rympatroon word egter in die laaste strofe nagelaat. Dit neem egter niks eeg van jou vers nie. Die inboud is interessant en jou aanbieding ia keurig.
28. Paradigmas
Jou vers is interessant en die inhoud is gedagtewekkend, maar die aanbieding is effe kripties.
Ek dink jou vers is steeds slim en keurig. Welgadaan.
SILWER
5. Boosheid en rampspoed
Die metafoor “ontblaring van pyn en seer” is pragtig.
Die 3de en 3de strofes moet eerder níé met hoofletters begin nie aangesien dit deur geen punktuasie voorafgegaan is nie.
Die res van die vers is keurig en getrou aan die opdrag. Mooi gedoen.
10. Domkop
In Afrikaans is die dubbelontkenning ‘n spelreël, maar in digkuns het ons egter meer vryheid. Jou laaste sin is ‘n funksionele voorbeeld waar die weglating toegelaat sal word.
Jou rympatroon is onoortroffe.
Joy woordkeuse en konstruksie hiervan is uitstaande. Mooi gedoen.
14. Boudswaai haaikos
Dit is ‘n pragtige limiriek.
Welgedaan.
16 . Grootword
Ek hou van die aanbieding met die “speelse” herhaling van sekere van die gedagtes. Jou rympatroon is in die kol. Ek wonder tog of die koeplet stansas die beste besluit was? Miskien sou die vers beter gelees het met twee kwatryne en twee koeplette om die volta te versterk. Dit is egter persoonlike voorkeur en neem niks van jou vers weg nie. Mooi gedoen.
19. Wit geskrik
Hierdie limiriek het my laat skater. Welgedaan. Wie jy ookal is, jy het jou nis gevind. Welgedaan.
20. Koersvas
Die opdrag het gevra vir ‘n rympatroon. Alhoewel dit die individu se besluit was joe dit daaruit sien behoort daar meer as net twee lyne daarin te rym. Wasend sou net een “s” hê. Wasend en vind kan egter ook a as rymend beskou word daarom is my aanvanklike kritiek nie werklik van toepassing nie. Mooi poging.
25. Pyn in die puin
Hierdie vers het ‘n persoonlike weerklank by my gevind. Ek sal nie uitbrei nie. Pragtige teer omgee vers. Mooi rympatroon. Welgedaan.
26. die flou son
Dit is ‘n pragtige ode aan jou moeder. Teer en aards. Jy het die opdrag mooi nagekom met ‘n lieflike rympatroon. Welgedaan.
29. Loslappie
Die weglating van die dubbel ontkenning is funksioneel in jou vers. Die opdrag is suiwer nagekom. Die inhoud is goed versorg en die vers lees mooi. Welgedaan.
GOUD
3. Outeniekwa-gedagtes
Die vers is beeldryk, aangrypend en streng getrou aan die opdrag. Die slot is in besonder mooi. Pragtige werk.
8. Kwatryne in die kou’
Wat ‘n besonderse teer en emosionele vers is dit! Die liefdeshunkering wat vars beskryf word is ‘n resep vir digsukses. Jou vers ontwikkel tot ‘n plofbare klimaks en verras jy die leser met die mooiste slot. Bravo!
13. Honger vuur
Jy het die opdrag tot op die letter nagekom. Die ontwikkeling, woordkeuses, konstruksie en aanbieding is van hoogstaande gehalte. Jou vers is teer, lieflik, aards en toeganklik. Welgedaan!
15. Braille kiekies
Die afwisseling tussen binne- en endrym is pragtig en suksesvol. Die inhoud lees mooi en ritmies. Pragtige gedig.
17. sinlik belustig
Tweede strofe, 2de sin moet eerder sluit op “raas” en níé “geraas” nie. Dit is ‘n dramatiese vers wat emosie ontlok. Die slot strofe is aangrypend. Jy het die opdrag mooi nagekom. Welgedaan.
18. Ek wil…
Die opdrag is mooi hierin nagekom. Jy het ‘n varsheid aan die kruisverhaal gegee. Mooi gedoen.
GORRELS
1. Mensedinge
Let asseblief op spelling, konstruksie en herhaling. Jou voorbehoud op die mensdom is egter ‘n ligitieme ene.
2. Ontploffing
Maak seker as jy skryf om gedagtes klaar te konstrueer voor jy na die volgende sin beweeg. Jy is (indien dit ‘n ware verhaal is) inderdaad gelukkig. Dankie vir jou deelname.
3. Arme Jan
Ten spyte daarvan dat die aanklagte beuselagtig is, moet ek tog glimlag omdat jy vir Jan só jammer kry. Ek het lekker hieraan gelees.
4. Stille waters
Dit is een van dié mooiste gorrels wat nog ooit hier gepubliseer is. Nie alleen omdat dit emosie wek nie, maar die terekonstruksie, die woordkeuses en die aanbieding is van ‘n besonderse hoë standaard. Jy kan opreg trots wees hierop. My medelye indien die storie op die skrywer van toepassing is. Bravo!
RUBRIEKE
1. Skatte uit my onthoukissie
Kostelik. Dankie vir jou deelname.
2. Die beste medisyne
Lieflike vertelling. Dankie vir jou deelname.
ARTIKELS
1. Busboikot en burgerregte
Baie interessante geskiedkundige aanbieding. Dankie vir die goeie navorsing en mooi vertelling hiervan. Welgedaan.
VERHALE
1. ‘n Droom aan skerwe
Jou karakters en storie is mooi ontwikkel. Ek het heerlik hieraan gelees.
4. Karoodans
Wat ‘n pragtige verhaal. Ek het dit geniet om hierdie verhaal te lees. Mooi gedoen.
5. Spookvoël
Die storie is mooi onwikkel en die karakters ook. Die dialoog is funksioneel in die verhaal verweef. Pragtig.
6. Oorlog vir onskuldiges
Jou navorsing om die verhaal te vertel is puik. Die aanbieding is interessant en dit lees heerlik. Baie geluk met ‘n goeie aanbieding.
7. Trudie gaan ruimte toe
Goeie aanbieding. Oulike verhaal wat wetenskapfiksie op ‘n nuwe manier benader. Mooi gedoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.