Jongste aktiwiteit:

Nooi van die koffiewinkel

Nooi by die koffiewinkel

 

Wanneer die Koöperasie roep,

bere die boere eers

die ou velhoed.

 

Beste klere word vir die dorp gedra,

want ’n stukkie melktert

by Bets se hoek

is beslis ’n moet.

 

Daar sit ’n nooi,

met min lappies

om die lyf getooi.

 

Soos dit ’n heer betaam,

bied ek maar ’n koffie aan.

 

Al is die klere min,

is sy nogal mooi gebou.

 

Toe sy eers begin om te praat,

kon ek maar al my goeie kaarte vou.

 

Sy praat met sulke hoë Engels,

dat ek eers die leer

sal moet gaan haal

om by te kom.

 

Ek sal seker maar moet besef,

ou Hester koeksuster

sal eendag hier op die plaas

die beste blom.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed