Die nuwe dom
Oral bepaal almal iemand
is dommer op ‘n skaal.
Die geslag wat nog die 3 R’s ken,
reken die onmondiges
tree terug na ‘n grot,
terwyl jonges tune oues
is nie streetwise nie en
hopelessly e-toe.
Brunette sê die blondes
het dit net nie en
plattes sien rondborstiges
as wulps en totaal vlak.
Nerds dink spierpaleise
se koppe is hoogs plat.
So dom was nog maar altyd
net dom of dom of dom.
Maar nou is daar sowaar
‘n hele nuwe veld
van volslae stupidgeit.
In suiwer slang Afrikaans word
elke ding uit die bloute
bestempel as onintelligent:
Die vak, die storie, die boek,
fliek, ‘n kopieerder, koek,
‘n pen en potlood, als!
So hier is my dom gedig
getik op ‘n dom rekenaar
vir elke dom Afrikaan
en al my slim kinders
wat als so goed verstaan?
© Charleine Collins 18 Desember 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Charlaine, dis absoluut puik!!!! Dit is so pittig, skerp en reguit. So 'n tong in die kies lekker kry oor die dy van 'n taal. 'n kriewelrige ewigdurende groeiend organisme. "onintelligent," wat 'n antoniem! Jou werk is so verfrissend anders. Dit laat jou hoorder so bietjie dieper luister.