Die stasie waar omgee stop
Die stasie waar omgee stop
Die roete is lank na vertroue, maar eers moet die trein by stasie Eerlikheid gaan stop.
Die trein moet vertoef, daar naby die draai van Herkenning. Die kondukteur neem kaartjies in, maar baie probeer inglip sonder om die prys te wil betaal.
Mooi broodjies is gebak, reg vir hierdie lang pad. Tog eindig die brood vol muf.
Leuens ry saam, vermaak die mense op die trein. Gevoel speel ook saam om die vertoning eg te maak.
Die trein stop op stasie Omgee. Die mense hier is reeds lankal weg. Passasiers sit in onsekerheid vasgebind soos ’n gordel.
Het omgee dan nou regtig tot vergaan gekom?
Min het almal geweet, moed opgee is nou die nuwe stasie Meester op die dorp.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.