Jongste aktiwiteit:

Lente in my laaste jare (Brons)

ek sal vóór my dood herleef
uit my herfs se komposlaag
waar winter se groei vertraag
onder jaarlae van yskristalle kleef

kleef aan vergange dekades
waarsonder lente nie kan bloei
maar deur my lewensare vloei
veel ontdooide doeleindes

doeleindes wat sonskyndae aangryp
priotiteite snoei en herrangskik
potensiaal sien sonder weeg of wik
seisoene versteek onder grys ryp

ryp sal smelt onder my nuwe lig
my sade sal uit dormansie ontwaak
die sonskynure sal nie langer staak
want my herlewing is doelgerig

doelgerig sal ek die winter onterf
ek sal pastelle en pasgebore groen
se varsheid met pienk lippe soen
want my laatjaarplante sal nooit uitsterf

uitsterf is ewige winters sonder hoop
waar die lente van lewe as as verwaai
maar ék sal oudagstuin vrolik verfraai
ja, selfs in najaar kelk my bloeisels stroop

Etna Wepener ©️




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed