Vriendin
Soms in die lewe
op ’n drafstap kom pyn verby
aljimmers laat vrees seer bewe
wil ek weet jy is hier by my
lewenspad is lank en rof
moeisaam lê moegheid uitgestrek
die lewe se lus sommer onbeskof
wil ek my hand na jou toe strek
wanneer swak verbouereerd is
en soos kragte daal
weet gewis
ek sal jou net daar kom haal
die nagte se donker mag skyn
moedigheid moed verloor
onthou ons vriendskap verouder soos goeie rooiwyn
in lojaliteit is ons vriendskap gestoor
©Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek