Power to the Poor Goud
Power to the Poor
Tussen die rubbish en die rook
lê ‘n mooi stad in puin
onder vuil kartonbokse
die bewyse van eens vergete tuine
in die middel van Eden
was die boom van kennis en kwaad
kwaadstoker daggaroker
kom koop tog ‘n grassie hier by my
nou lê die teer besaai
met rubberkoeëls en koerant
Amandla – power to the people
maar die people pis in die straat
terwyl die rook van brandende busse
jou neusgate vul
‘n straatsmous probeer om jou
uit ‘n paar pondjies te kul
fake foefies laat die randjies inrol
tot ons more weer moet hol
weg van die bloupote
wat gulsig aan ons ware smul
die koue staal armbande net ‘n klug
want môre se môre is ons almal weer terug
Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek