die uwe
skoon gewas, gewaai
deur bitter koue winde
skitter my duin vandag
van wit sand en skulpe
eerlik dwaal my siel
oor diep blou seewater
met spitse skuim vlokke
wat see bedek soos wol
dink ek aan dae se etiek
om werk met integriteit
aan mense te wil lewer
wat dit hanteer soos flos
sweef gedagtes oor etiek
vandag so skaars en koud
soos dooie hoender tande
wat verblaar in winter wind
sonder etos word lewe nul
sonder wysheid en vergaan
in ewige niksseggende spul
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.