anders
oor my duin swerf
daar ‘n skeppende gees
niks is maar net so geskep
en laat staan nie
alles kan bevraagteken word
daar is ‘n rede en doel met elke skepsel
daardie doel en rede moet nagevors word
alles binne die raamwerk van ‘n mens se denke
verder as dit kan jy tog nie gaan
verder as dit kan jy tog nie sien
want jy is tog maar net een
een van die heelal se skepsels
tog is laterale denke anders as siklies
dit maak verskil en veroorsaak
allerhande misverstande
vir dié wat nie
ondersoek
nie
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Mmmm dit laat mens dink.