Staande in die Val
Staande in die Val Deur: Ryno du Plessis Hoog geklim, ver geloop, bou ’n lewe op geloof. Voet wat struikel, klippe los, staande op ’n rots. Rots gee mee, jy kan nie meer, niks kan die val nou keer. Rotse stort neer, begrawe in “kan nie meer”, steek uit jou hand na ons liewe Heer. […]
Herfs van Onthou
Herfs van Onthou Deur: Ryno du Plessis Vol gegroeide takke, skadu van die boom, dra hy sy kroon van blare. Winde waai en blare word gesaai—eers groen, toe in alle kleure. Met ’n lewe tussen die blare kyk ek terug oor soveel jare. Winde het gewaai, lewensblare is gesaai. Uitgedroog, gekoester in ’n boek, vasgevang […]
Bottervisse in die “jam”
Bottervisse in die “jam” Deur: Ryno du Plessis Sag jou woorde, mooi die beloftes. Drome gedroom, kastele gebou. Nuwe lewe saam beplan,emosies het opgedam. Alles vir niks; dit was al die tyd soos bottervisse in die “jam”. © Ryno du Plessis 2026
[SILWER] – ONDER DIESELFDE SON
ONDER DIESELFDE SON In die stof van ou paaie lê stories versteek, in wind oor vlaktes wat sag oor my spreek, van mense wat bou, wat struikel, wat gaan ’n land vir baie, maar tog een bestaan. Onder dieselfde son… staan ons gebind, deur hoop wat nog groei, al waai daar ’n wind, my taal […]
[BRONS] – DIE STIL VLAM
DIE STIL VLAM Ek sou nie eers weet waar om te begin nie. Miskien begin liefde vir ’n land nie met groot gebare of harde woorde nie, maar met iets sagter, ’n soort deernis wat stil in jou groei, amper ongemerk. Dis nie altyd trots wat eerste kom nie, maar eerder ’n diep, menslike besef […]
Die Kragboks
Die kragboks Deur Ryno du Plessis Ag, o wee, my kragboks skee. Sit af, dit trek krag. ‘n Plan moet ek maak, sal iewers moet smeek. Rooi lig flikker-laaste sekonde My hele bestaan gekoppel aan ‘n boksie. Klaar gekruip, ‘n bietjie krag vir die dag- kom ons hoop vir die nag. Ons lewensuur staan en […]
Kerk blaas
Kerk blaas Deur: Ryno du Plessis Vroeg Sondag môre is ek op. Drink ’n koffie vir ’n bietjie skop. Loop gou my laaste draai, daar begin die lawaai. Ons is laat, dankie tog ek dien nie op die kerkraad. Gemeente sit, kerk is stil. Almal weet ons gaan nou begin. Prys van laat is die […]
Swart skaap
Swart skaap Deur: Ryno du Plessis Swart skaap, dra jy die kroon. Jy glo die lewe moet jou beloon. Keuses van rebels sit jy op jou troon. Trots op die lewenstoon. Sou jy net kon raai, jy kan die trop laat draai. Jy is anders met goeie rede, gebruik dit tot eer van die Here. […]
eers
voor alles was Hy eers was ek dood blootgestel aan alles sonde in my, en om my blootgestel aan die wet die wet wat niemand ooit kon of kan onderhou nie toe stuur hy Sy Seun kom staan in vir my sonde verteenwoordig my voor Hom voor Sy regstoel in die […]
moedertaal (goud)
moedertaal sy floreer, fyn gevleg uit wortels en stof, been en bloed, tussen die ribbes as hartklop en as asem so veerkragtig en dapper soos haar sprekers wat bokwagters is of dié wat satelliete lanseer, voel sy tuis in ’n kombuis of paradeer sy pronkerig op podiums sy is digwoorde van Breyten en Krog, FAK-liedjies […]