Die taal van my hart
Die taal van my hart Daar is ’n sekere soort stilte wat oor ’n mens kom wanneer jy nie jou eie taal kan praat nie. Dis nie ’n gemoedelike stilte nie, maar een van versigtigheid. En onsekerheid. Jy weeg jou woorde en soek paniekerig na vertalings. En dan verloor jy iets – ’n bedoeling, ’n […]
Opgee? Nooit!
Johan sit op die stoep van sy opstal op sy plaas in die Kalahari. Sy plaas se naam is “Opgee? – Nooit!” Sy pa het die plaas vir hom nagelaat, maar dit is vir Johan meer as net ’n stuk grond wat aan hom oorgedra is. Dit is ’n roeping wat stil in sy bloed […]
Kind vir altyd
Kind vir altyd Deur: Ryno du Plessis Sag soos ’n mat, kan ek my ouers vertrap, speel op hul gevoel—ek het dit nie bedoel. Ek onthou elke seer, van ouer wees kan jy my niks leer. Jou trane oor my het gevloei, jou gebed mag U bloed oor my kind laat vloei. Gemaklik weet ek […]
Het tyd tog maar net n prys
Het tyd tog maar net ’n prys Deur: Ryno du Plessis Sou ek maar net kon, ’n prys betaal vir dit wat was. Woorde gesê, dade gedoen met die tik van tyd. Te veel gespaar op “dankie, ek waardeer jou”—die gevoel van berou. Hoeveel van my doen en late het jou geknou? Kon ek jou […]
Stille lag in Kolmanskop se strate
Stille lag in Kolmanskop se strate Deur: Ryno du Plessis Sandverwaaide geboue staan in eens sout strate. Dood lê voor my oë gesaai. Waar daar eens lawaai was. Ek stap nader, die res van die groep vergader. Ek stap deur eens ’n slaghuis. Ek hoor die gewerk en die oom met ’n groot pens: “Hoe […]
geroesmoes
om weer nuut te maak om uit verandering te lewe uit geroesmoes weer op te staan weereens stil te word op jou knieë voor jou Skepper se genade-hande lewe vierkantig in die oë te kyk steeds hoër te streef na vlakke van gees waar emosie trane en bewe nie tuishoort net vrede geluk […]
toekoms-turf – silwer
toekoms-turf – silwer nooit hoef jou kinders wat trou is te vra hoekom woon ons nogsteeds in Suid-Afrika ons weet jy’s die bodem van skoonheid en durf vir jare en dae ons toekoms se turf op berge en dale van kus tot karoo gevestig geanker deur elkeen wat glo behou trots tradisies vertroetel kultuur […]
heimat van my hart – silwer
heimat van my hart – silwer waar die limpopo loom in latente liefde kabbel grense van gras en goud as getuies glinster waar die bosveld se halstarrige hartklop weergalm in ‘n jakkals se roep na die nuwemaan waar die hoëveld se winde vrylik waai van die vrystaat se vlaktes bedek met geel graan en […]
Repatriasie Kadot
Brons Repatriasie kadot Spyt kom te laat. Ouer gardes beweer dat ‘n mens eers besef wát jy gehad het wanneer jy dit nie meer het nie. Soos braai op ‘n Saterdag aand. Mense oorkant die blou water bráái net nie! Die bekende reuk wat diep in jou klere intrek wanneer daar om die kole […]
die stem leef voort (Goud)
ek dra my taal met fierheid en met trots, nie soos ’n fluistering wat skaam wegskram van kombuistaal tot regop hart se klank loop sy in my soos bloed deur my are en kom lê sy warm en seker in my mond my taal ruik dalk nog na stof en natte reën wat spat teen […]