Jongste aktiwiteit:

heimat van my hart – silwer

heimat van my hart – silwer

 

waar die limpopo loom in latente liefde kabbel

grense van gras en  goud as getuies glinster

waar die bosveld se halstarrige hartklop  weergalm

in ‘n jakkals  se roep na die nuwemaan 

waar die hoëveld se winde vrylik waai

van die vrystaat se vlaktes bedek met geel graan en sonskyn

tot waar die drakensberge diepblou waak

midde die karoo se stilte  wat suiwer en broos swyg 

oor die reuk van reën op ’n roesrooi skaaproosblaar

klee namakwaland sy klam sandvelde kwistig met blomkarosse

tot in die kaap waar tafelberg ootmoedig talm

kartel kuslyne koesterend wyl branders skuimend teen baseerklip breek

sein die suiderkruis skitterblink die allerhoogste seën

 

hier kan kinders hul koers in droomkontreie karteer

hier is  ek  geanker

 

© Retha van Deventer, 28 April 2026.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak