Jongste aktiwiteit:

12 NOVEMBER 2022 – 7de GALA AAND

INK skryf in Afrikaans maak drome waar

Anzé Bezuidenhout, stigter van INK Skryf in Afrikaans het weereens ‘n onvergeetlike Gala-aand aangebied. Die glansgeleentheid het in regte Hollywood styl op 12 November 2022 te Batter Boys in Montana plaasgevind. Gaste van reg oor Suid Afrika en selfs Namibie is begroet met ‘n rooitapyt ontvangs.

Die Ink webtuiste www.Ink org.za bied ‘n platform waar digters en skrywers maandelikse opdragte moet voltooi. Die deelnemers begin by Bronsklas en skuif dan mettertyd op na Silwer, Goud en ook ‘n meesters afdeling. ‘n Anonieme Moderator evalueer die werke deur die jaar. Wenners word aan die einde van elke jaar vir hul harde werk vereer. Die Gala is ook ‘n geleentheid vir die digters en skrywers om mekaar beter te leer ken en ‘n feestelike aand saam te geniet.

Ink bied ook jaarliks ‘n dig en skryf kompetisie aan en die wenners word dan ook met die Gala aand bekend gemaak. Inkspraak 3, Volwasse stories en ‘n Jeugbundel het hierdie jaar die lig gesien. Trofees, boekpryse en sertifikate is deur die loop van die aand uitgedeel terwyl Jenny K en Natalie van Coppenhagen die mense met uitstekende sang vermaak het. Francois Terblanche was die seremoniemeester en het met sy ligte komiese trant die aand volmaak afgerond.

Ink bied ‘n platvorm vir ons Jeug om uiting aan hul skryfwerk te kan gee. Die dig/skryf kompetisie was hierdie jaar oorval met inskrywings van uitsonderlike gehalte. Beoordelaars onder wie Karin Zoid, Jackie Nachtegaal en Francois Terblanche, moes mooi trap om wenners uit hierdie talent te kies. Elke inskrywing was ‘n wenner.

Die hart van INK klop behoorlik vir die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans.

Besoek gerus die webtuiste (https://ink.org.za) om deel te vorm van so ‘n uitstaande platform waar woorde vlerke kry en skrywerstalent hemelhoog vlieg, want INK maak drome waar.
‘n Spesiale dank aan almal wat hierdie jaar se Gala-Aand so ekstra spesiaal gemaak het.

BORGE

 

Hiermee wil INK Skryf in Afrikaans graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende borge te bedank vir hulle bydra hier. Wees verseker die borgskap word hoog op prys gestel. Sonder julle hulp en volgehoue ondersteuning sou die kompetisie nie so ’n groot suks

 

es gewees het nie.

SOLIDARITEIT

AFRIFORUM

FAK

AFRIKAANS.COM

AFRIKAANSE TAALMUSEUM – HISTORIUM TRUST

ACADEMY BRUSHWARE

STOKER TRUST

GROEP 7

PHAROS

KOELENHOF WYNLANDGOED, STELLENBOSCH

Karen Zoid & Jackie Nagtegaal as beskermvroue

 

Baie dankie aan die beoordelaars vir die enorme taak wat hulle verrig het met die beoordeling van die groot hoeveelheid kortverhaal- en gediginskrywings.

Puik gedoen!

Anzé Bezuidenhout

Wenners:
INK WEBWERF TOEKENNINGS

AANSPORINGS SERTIFIKATE VIR BESTE NUWELINGE
3de. Von Villon
2de. Charlene Jordaan Kotzé
1ste. Wendy Leigh

MENINGSTUKKE (voorheen gorrels)
3de.Hester Steenkamp met Eenheid in verskeidenheid
2de.Fanus Strydom met Kastaiings in die vuur
1ste.Amanda De Meillon met Stille waters

RUBRIEKE:
3de. Ano met Lekker bredie en dik snye brood
2de. Marlene Erasmus met Pa’s waar is julle?
1ste. Driekie Grobler met Introspeksie

ARTIKELS:
3de. Driekie Grobler met Kampvegters vir Afrikaans
2de. Marlene Erasmus met Busboikot en burgerregte
1ste. Ano met Oktoberfees in September

VERHALE:
3de.Marissa Fourie met Die vere maak nie die voël nie
2de.Amanda De Meillon met Oupa en die Canabis
1ste.Riaan Grobler met Verskrikking van Juffrou Groffen van Molendorf

GEDIGTE:
BRONS KLAS:
3de. Hester Steenkamp met Wortels
2de. Johan van Rensburg met Wiskundig foutief (Covid 19)
1ste. Francois Meyer met Safari

SILWER KLAS:
3de. Elize Kruger met Alle paaie lei huis toe
2de. Elmarie Nienaber van Kampen met Stormliefde
1ste.Loretta Szikra met Skakerings van liefde

GOUE KLAS:
3de. Morné du Preez met Winterlied
2de. Andries Fourie met Oopgesperde hoop
1ste. Caren Kearley met Prisma

2022 KOMPETISIE WENNERS:

JEUG GEDIGTE WENNERS
5.Sunell Coetzee – Weggesteek
4.JD Fourie – Kanker
3.Jenna Wilkinson – Eggo EN Woorde maak seer
2. Aliyah Cremer – Na ek met jou klaar is EN Besoekers EN Winter
1. Quiriané Charilaou – Gestreep EN Donkernag EN Hersblaar EN Musiek EN Mors

Wenners van PHAROS boeke JEUG:

Digters – JEUG:
Sunell Coetzee
Ruben vd Merwe
Larissa du Preez

Wenners van publikasie deur GROEP 7
Digters – JEUG
Carla Barnard
Larissa du Preez

KORTVERHAAL WENNERS JEUG:
5. Salome Rademeyer – Haasnastiek
4. Jenna Wilkinson – ‘n Hartjie van koper, ‘n hartjie van goud
3. Marianne Roos – Haar vyfde verjaarsdag
2. Simone Jordaan – Hartjies in my wiskundeboek
1. Mia le Roux – Blou kryte en Ek verlang

Wenners van die Pharos boekpryse by JEUG:
Skrywers – JEUG
Rioné Bole
Simone Jordaan

WENNER VAN GROEP 7 PUBLIKASIE
Skrywers – JEUG
Thomas White
Jenna Wilkinson

KORTVERHAAL WENNERS VOLWASSE:
5. Karmen Wiid – Rooi, rooi Layla
4. Anri Botha – Poppie
3. Melindi Heyns – wASma
2.Karen van Vuuren – ‘n Naweek vir Ishtar
1.Adele van Wyk – ‘n Park om in te berus

WENNERS VAN DIE PHAROS BOEKPRYSE VIR VOLWASSE SKRYWERS:
Ronél Le Roux
Amanda De Meillon

WENNER VAN GROEP 7 PUBLIKASIES VIR VOLWASSE SKRYWERS:
Ina Kleynhans
Essie Bester
Fanus Strydom

GEDIGTE WENNERS VOLWASSENES:
5 Linda du Plessis – Nuwe lewe
4.Drienie Kelly – Waar drake vlam
3. Charles Thompson – Astrologie van herfs
2. Anne-Marie Kotzeé – Besembos
1. Rina Bester – Teelaarde EN Herfs is die mooiste vers

WENNERS VAN PHAROS BOEKE VOLWASSE DIGTERS:
Paula Paxton
Alet van Heerden
Leigh Frank

WENNER VAN GROEP 7 PUBLIKASIES VIR VOLWASSE DIGTERS:
Wendy Leigh
Charles Thompson
Andries Fourie

EERVOLLE VERMELDINGS:

Erkenning Volwasse Skrywers – kortverhale
Amanda De Meillon
Karen van Vuuren
Anri Botha
Willem Schmidt
Andre Zeeman
Ina Kleynhans
Adelle van Wyk
Chrissie Laubscher
Riaan Palmer
Frans vd Colff
Marinke Freeman
Lika White
Simoné Madden
Yolandi Claasens
Melindi Heyns
Driekie Grobler
Sina Hattingh
Essie Bester
Elsabé Welman
Paula Perreira
Zander vd Westhuizen
Ida Greef-Le Roux
Fanus Strydom
Ronél Le Roux
Madelein Venter
Eugene Pienaar
Karmen Wiid
Elsie Fourie
Tharina Schnetler

Erkenning Volwasse digters
Ina Pretorius
Charles Thompson
Karlie Lubbe
Paula Paxton
Joha van Dyk
Elna Kruger
Nelmari Barnard
Morné du Preez
Gerhard Badenhosrt
Mariechen Vermeulen
Johan vd Merwe
Zebulon Kochk
Elfiede Webb
Barend vd Merwe
Linda du Plessis
Sharon du Preez
Rensia van Rensburg
Rina Bester
Anne-Marie Kotzee
Ida Greef-Le Roux
Twana Nel
Liandri van Rooyen
Annelie Gerricke
Amanda De Meillon
Leonita Couts
Alet van Heerden
Wendy Leigh
Drienie Kelly
Loretta Szikra
Andries Fourie
Pieter Mostert
Bertie Cloete
Von Villon

Jeug kortverhale – eervolle vermelding
Bianca van der Westhuizen
Mia le Roux
Simone Jordaan
Marianne Fourie
Jenna Wilkinson
Marianne Hennig
Marianne Roos
Zanné Nel
Mia de Kock
Thomas White
René Viljoen
Rioné Bole
Cobus Uys

Jeug – Digters Eervolle vermelding
Aliya Cremer
Anneke Bergh
Elsie Fourie
JD Fourie
Jenna Wilkinson
Quiriané Charilaou
Simone Jordaan
Sunell Coetzee
Carla Barnard
Marianne Henning
Ruben vd Merwe
Cornelia Langenegger
Anzelle du Toit
Marianne Roos
Larissa du Preez

 

@Wendy Leigh
2022-11-15

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed