pikante peper
laaglande van soutpansberg aartappel lande en piesang plantasies in diep ryk rooi leem grond ontwikkel ons eie pikante peper plante gekweek uit konfyt tamatie en groen peper plante eie aan ons land en die limpopo provinsie soet en ryk met pikante byt net genoeg om lekker te wees ©Teárlach (Capsicum baccatum)
Parys – tuiste van die Arc de Triomphe.
BRONS Parys – tuiste van die Arc de Triomphe. As jy aan Parys dink, dink jy onwillekeurig aan een van die grootste toeriste aantreklikhede, onder andere die Eiffeltoring! Parys beskik egter oor soveel meer geskiedkundige besienswaardighede, om net paar te noem: Arc de Triomphe, die Paleis van Versailles, die Notre Dame-katedraal, Musee du Louvre, die […]
Dink Aan My
Bosse vorm ‘n ‘n kasteel binne ‘n kring menhirs. Die gekunstelde natuurskoon lok feë van alle klasse en nasies. Cian kan hoor hoe hulle giggel en speel in die gedenkteken vir die tandefeë en wonder of hulle nog onthou wat ‘n eeu tevore gebeur het. Hy maak sy oë toe en laat herhinneringe oor hom […]
Ter nagedagtenis aan ʼn held.
Ter nagedagtenis aan ʼn held As ek terugdink aan my kinderjare as kanaal-aap in Upington se wêreld, kan ek nie anders as om ons kuiertjies by vriende langs die rivier, te onthou nie. Dit is die dae waar kinders gesien en nie gehoor is nie en waar jy baie vinnig gevra is of jy wil […]
ʼn Boog vir Hartbeespoortdam
Ons was seker al ʼn honderd maal by Hartbeespoortdam en het elke keer onderdeur daardie boog gery, min wetende wat dit eintlik verteenwoordig. Dit was egter die blanke pioniers wat gedurende 1836 die potensiaal van die water raakgesien en die idee gevorm het om dit te ontgin. Riviere en poele se vloei is verander en […]
Beleef ons moontlik ’n tyd van groot verandering?
Soms is dit moontlik om gebeure in jou lewe waar te neem wat jy nie anders kan beskryf as ʼn triomfboog nie – jou eie “Arch of Victory”. Dit is daardie gebeurtenis wat jou lewe in twee deel, ʼn voor en na. Soms gaan dit gepaard met ʼn dag en datum maar meestal sal dit […]
Ouma Onthou
Op groen gras in skadu van ń witstinkhout omhels sit ek vergete in familie kring alleen. Johnny, groet ek my gedagtes vêr bestaan liefde in die werkliheid van sit en drink jou tee? Die helderheid verdof Johnny is lank oorlee bly by my gloeiend lewend, nooit vergete ń glimlag in my siel. Hello Jonny …
Mynwerkers
In vroeë môrelig loop ons ń sement pad, om te skakel na oorplakke, helmets safety boots dan afgesluk te word in sy slukderm. Voorkop liggies ontbloot gesigte in flitse lawaai verstom, party verskrik soos die trein rommel heen en weer ń aardse spyskanal. Vele growe prosesse ontbloot rots as goud eers verskeep toe versteek as […]
VIRUS VAN KRONE
onseker en verward, hande omhoog, soekend en biddend na verlossing van onder uit jou triomfboog. In die holte van jou arm ons tronk vir nou; ’n mensdom met hoop in afwagting saamgevou. ©HMellet
soeke na vrede
ons kyk op na jou daar waar jy staan Brons triomfboog geëts teen hemelblou uit graniet gekap bind jy ons saam in ons strewe na vrede ek dwaal deur jou grys gange sien die pioniere vryheid hul vaste strewe een veldslag na die ander maar nooit vrede… ystervoete wat oor die Drakensberg loop lewens vasgevang […]