![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2020/03/0A4B0EAC-B673-4C70-8842-E095DBF2544B.jpeg)
Ouma Onthou
Op groen gras
in skadu van ń witstinkhout
omhels
sit ek vergete
in familie kring
alleen.
Johnny, groet ek
my gedagtes vêr
bestaan liefde
in die werkliheid van
sit en drink
jou tee?
Die helderheid verdof
Johnny is lank oorlee
bly by my gloeiend lewend,
nooit vergete
ń glimlag in my siel.
Hello Jonny …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.