Wanneer woorde opraak
Wanneer woorde opraak
Windverwaaid lê die woorde,
gesaai in my kop.
Elke skrywe begin wys
‘n flop.
Muse werk vandag
in iemand anders se kop,
los my met net haar muise
om tussen my woorde
nes te skop.
Gedagtis vloei soos riviere
en verdwyn in ‘n groot oseaan
vol niks.
Letters en klinkers kom dans verby,
spring in woorde spesiaal vir my.
Nuwe gedagtis word gekry,
en woorde vloei skielik weer vry.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.