Jongste aktiwiteit:

Bestaan dit nog

Bestaan dit nog?

Briewe nat gelek

en toe geplak.

Seëls gaan koop

by die poskantoor.

Wanneer die posman kom,

hol almal saam

vir die brief

wat kom.

Ou landlyn —

iemand skree:

TELEFOON!

sou hy lui.

Vandag vervang

met ‘n hardfoon

wat kort-kort lui.

Opregte

“Goeiemôre”

of “lekker slaap”

is vervang

met prentjies

deur iemand anders gemaak.

Bestaan die goeie ou dae nog,

of word dit ook dalk vervang,

soos “mooi gedoen”

met net “pragvers”?

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed