Jongste aktiwiteit:

oosweer

 

waar woeste winde waai

sand en stof op vensterbank vergaar

stof-miswolke sig versper en verkeer

tot stillstand bring op sandhope

wat paaie versper en wegsteek

lug helder oor dag verduister

word in kermende rukwind

wat palmbome neerbuig

totale oorgawe aan kragte

ver bo hul natuurlike vermoë

fladderende blare stamme geboë

wanneer woestyn sand, Swakop

se strate met woeste krag

oorneem, alles verwaai

mense en dier onder

skuiling kluister

 

Ó Tearlach.

 

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed