Ongekende kronkelweg
Geheime beloftes skuim op teen die rotse
sonder gewete, sonder skaamte
iewers in die verlede
soek ek tevergeefs na antwoorde
In die branders se breek, eggo hol
slegs spore, weg van my drome
tussen die kreukels van die lewe
gloei die maan se lig strale
Emosies
Realiteit
Herinneringe
is ‘n tolbos wat my rondslinger, oppad na nerens!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek