Ek gee vir jou ‘n potjie heuning
om jou woorde mee te salf,
‘n purper koningskleed
en ‘n vetgemaakte kalf.
ek gooi my arms oop vir jou
kom en maak jou tuis,
kom maak vir jou ‘n woning
in die kamers van my huis
die kaggelvuur is aangesteek
om jou koue te verdryf
kom nestel teen die hitte
van my…