DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Tussen alles
Wanneer ek gaan ophou, onthou en vashou Gaan die tyd stilstaan Sal alles dan net verbygaan Al my drome saam jou Tussen alles, hou ek aanhou loop Hou my hart net vir jou oop
Koue liefde (Silwer)
As jou hart nie is waar jy saans (klipkoud) slaap nie wat soek jy dan daar? © Loretta Szikra 20220831
Tuis in my eie huis (Silwer)
Die rots waarteen my binnebranders klots het met jare erodeer skandeer nou tekens van ‘n lewe geleef deur geloof wat daagliks streef na hoop. ‘n Lewe mosbegroei aan twyfel en kwellings (oor reg of verkeerd) met ‘n vaste wil om alles te deursoek die waarheid te wil weet. ‘n Wese diep geraak (aardskuddend gekraak) deur […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
Exodus van ‘n stadskind (goud)
hoeveel keer moes jy jouself verskeur dapper stapper stadskind? vir die omkeer voor die verweer voor fakkels van vergeet in die verdowende rinnewasie … bemors is jou stad en besoedel jou hart van swetswonde tussen die gejaag en letsels van ‘n tong wat skuur aan uitgedroogte lippe- want jou dorstigheid jou sielloosheid is die rotte […]
Die verlore seun
Ek gee vir jou ‘n potjie heuning om jou woorde mee te salf, ‘n purper koningskleed en ‘n vetgemaakte kalf. ek gooi my arms oop vir jou kom en maak jou tuis, kom maak vir jou ‘n woning in die kamers van my huis die kaggelvuur is aangesteek om jou koue te verdryf kom nestel […]
Kom huis toe
Ek wens meteens agter stil mure jy was nog híer om met jou sagte stem wat die innigheid het van skemer-motreën of kleurvolle verse om reënboë oor my dae se vaalte te span want net jy kan. © Zebbie Silwerklas
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie